Rayton reik uit na Botswana PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Sunday, 30 April 2017 15:02
Untitled Document

’n Groepie gewillige en begeesterde lidmate van NG Kerk Rayton het op 17 Maart ‘n uitreikaksie na Botswana aangepak. Met die Jesusfilm, Bybels en ander literatuur was hulle op pad na die afgeleë Moremi en Lesenepole.


Uitdagende paaie op pad na Moremi

Die groep het in die nabygeleë Goo-Moremi Gorge gaan kamp opslaan en van daar die twee nedersettings bedien. In die laatmiddag het die Rayton-groep uitbeweeg om die nodige voorbereidings te gaan tref sodat daar net ná sononder met die filmvertoning begin kon word. Daarna is geestelike gesprekke gevoer en vir mense in nood gebid.


’n Groepie kinders by die filmvertoning van Jesus se lewe

Die paaie was soms half onbegaanbaar en uitdagend na die onlangse reën. Dit, tesame met ’n veeleisende staproete na ’n pragtige waterval, ’n vroegoggend besoek van ’n renoster in die kamp en laataand gesprekke om die kampvuur, het van die uitreik ’n onvergeetlike ervaring gemaak.


Hennie Fourie verduidelik die hooftema van die Bybel

“Ons gaan weer,” sê NG Rayton se lidmate
.

“Dit was ‘n stukkie gemeente-kultuur wat gekom het om te bly en dalk nuwe horisonne kom vestig het,” sê dominee Chris Lötter.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online