Grootste Goliat ooit PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Sunday, 30 April 2017 15:00
Untitled Document

Die grootste wenpampoen wat die Goliat-van-Gat pampoenfees ooit opgelewer het, is in ‘n voorstedelike tuin in Montana gekweek.

Dié wedstryd word deur die Cullinan Boere-unie gereël en die wenner is op 25 Maart by die jaarlikse fees aangekondig. Bobaaspampoenkweker, Hugo le Roux, se enorme pampoen van 1,6 m by 1 m het teen 556 kg ingeweeg. Dit is die derde jaar wat Hugo die kompetisie wen en hy vertel dat sy gesin deel is van sy span en hom help om die pampoene te kweek.


Die Le Roux-gesin se reuse wenpampoen

Die pampoene wat na die Goliat-van-Gat-fees geneem is, is opgesny en uitgedeel vir liefdadigheid. Die wenpampoen is vir ‘n ruk by Uitkyk Vleismark, hoofborg van die wedstryd, uitgestal.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online