Baasspioen Vick McPherson oorlede PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Sunday, 30 April 2017 15:00
Untitled Document

Kol Vick McPherson, ’n afgetrede veiligheidspolisieman en bekende in die landelike Bronberg-gebied, is op 19 April in ’n Pretoriase hospitaal oorlede.

Vick het in 1967 by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit en het in sy latere loopbaan verskeie bevelsposte binne en buite Suid-Afrika beklee. Hy het etlike toekennings, waaronder die SA Polisiester vir Verdienstelikheid en die Polisiester vir Uitstaande Diens, ontvang.


Wyle kol Vick McPherson

In Oktober verlede jaar was Vick die gasspreker by ’n geleentheid waar hy gepraat het oor wat dit behels het om ’n ‘baasspioen’ in die vorige bedeling te wees. Hy het ook ’n onthullende boek oor dié onderwerp geskryf.

Vick het in sy aftreejare gereeld aan sosiale geleenthede, soos potjiekoskompetisies, by die landelike kuierplekke van die gebied deelgeneem. Hy was ook aktief betrokke by die reël van gereelde byeenkomste vir gewese polisiemanne.

Deur sy vriende sal hy onthou word as ’n ware heer (gentleman) wat altyd vir almal tyd ingeruim het.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online