Moord op Jakkalsdans PDF Print E-mail
News - Aktueel
Sunday, 30 April 2017 14:52
Untitled Document

‘n Agt-en-vyftig-jarige man is op 12 April op sy Jakkalsdans-kleinhoewe noord van Cullinan doodgeslaan. Die man en sy vriendin het glo net ná middernag wakker geword toe hulle voetstappe buite die huis gehoor het. Daarná het hulle glas hoor breek en ‘n man het hulle slaapkamer binnegekom.

Die vrou het by die venster uit gevlug en na bure gehardloop, waar sy die polisie ontbied het.


Die huis op Jakkalsdans, waar die moord gepleeg is
Foto: Verskaf

Die polisie het die man se lyk later op die badkamervloer gekry. Daar was ‘n oop wond aan sy kop en sy Nokia-selfoon is gesteel.

‘n Saak van huisbraak en moord word ondersoek. Teen Die Bronberger se saktyd is die moontlikheid ondersoek dat die man moontlik sy aanvaller geken het.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online