Wie het in dié murasie gewoon? PDF Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 30 April 2017 14:47
Untitled Document

Henk Smit skryf via die Bronnie se webtuiste:
Terwyl ek familienavorsing gedoen het is ek gestuur na ’n begraafplaas by Klipfontein. Hier is na bewering van my voorsate begrawe voor Pretoria se stigting.

Ek en my vrou het daar rondgeloop en op ’n murasie afgekom wat lyk na iets wat voor die Engelse Oorlog gebou is. Het julle enige inligting oor Klipfontein in die Rosslyn-gebied?

Volgens die Britse rekords was daar drie huise op die Van Staden- familieplaas, Klipfontein, noord-wes van Pretoria toe die vroue en kinders met die verskroeide aarde-beleid van die plase verwyder is. Slegs enkele mure staan vandag nog. Ons vind graag meer uit met die oog op ‘n toekomstige toeka-se-dae-artikel. – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online