Hoeveel kos plasings? PDF Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 30 April 2017 14:45
Untitled Document

Marlene Kriel van Bapsfontein skryf:
Die Vroue Landbou Unie-tak te Bapsfontein is aktief vir baie jare. Die vereniging hou maandeliks formele takvergaderings waar verskillende onderwerpe aangespreek word, byvoorbeeld omgewingsbewustheid, internasionaal, vandag se vrou, ens.

Die organisasie onderneem ook van tyd tot tyd spesiale fondsinsamelingsprojekte om ander behoeftige organisasies te ondersteun. Die tak bestaan uit 30 plus dames.

Ons wil graag navraag doen in verband met julle tydskrif. Is die plasing van artikels gratis of word daar spesifieke kostes gehef?

Brief verkort. Ons het Marlene laat weet dat nie-winsgewende instansies welkom is om vir ons inligting te stuur oor hulle bedrywighede. Afhangende van beskikbare ruimte, plaas ons dit graag as gratis redaksie in ons eie styl. Ons weet nie voor ons sperdatum hoeveel ruimte beskikbaar gaan wees nie en kan plasing nie waarborg nie. Ondernemings is egter welkom om ‘n promosie-artikel, wat dieselfde prys per mm is as ons advertensies, te bespreek. – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online