Bronnie wen loshande PDF Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 30 April 2017 14:44
Untitled Document

Jakes Stadler van Moreletapark skryf:
Die ‘kranksinnige’ pryse wat ek in Maart in Die Bronberger adverteer het (Legends Power Holdings), was ook met die doel om die reaksie weer ‘n slag goed te kan meet.


Ek het ‘n soortgelyke advertensie in ‘n Pretoriase dagblad se bylaag van Woensdag 22 Maart geplaas. 
Ek kan met vertroue sê dat die feitelike opneem van die ‘super-specials’ ongeveer twee-tot-een in die guns van Die Bronberger was, ten spyte van die dagblad se 26 000 verspreidingsyfer. ‘n Advertensie daar was ook aansienlik duurder as julle plasing. 

Baie dankie vir die terugvoer, Jakes. Ons het dergelike kommentaar van verskeie adverteerders oor die afgelope 15 jaar ontvang, wat weer bewys dat die Bronnie deeglik gelees word en dat die meelewing van ons lesers ook tot voordeel van ons adverteerders strek. – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online