Die Boschkop-fees word op 1 April onder die bome van Heal The Bride-geloofshuis in Grysbokstraat-wes 137 op Mooiplaats gehou. Die fees word gereël sodat die plaaslike gemeenskap mekaar kan leer ken. Die vlooimark begin om 8 vm en hamburgers, pannekoek, worsbroodjies, koek-en-tee en koeldrank word ook verkoop. Aktiwiteite fokus op gemeenskapsveiligheid en demonstrasies strek van meskuns-, sekuriteit- deur Bastion, honde- deur K9 en pyle, boë en swaard-demonstrasies deur die Pretoria Mounted Archery Club. Vir die kinders is daar ‘n springkasteel, gesigverfkunstenaar en perderitte. ‘n Bring-en-braai word ná die tyd gehou. Om kraampies te bespreek, bel Sonya Botha by 082-777-2825.
~*~
Affi-Plaas is die boeremark wat elke eerste Saterdag van die maand van 8 vm tot 12 uur by Mem’re in Oaklaan 140, Cullinan gehou word om plaaslike boere te ondersteun. Bel Sue by 076-250-9588.
~*~
Die tiende Fijnwyn Kos- en Wynfees word op 27 en 29 April by Shokran in Tierpoort gehou. De Krans, Louis 57, Glen Carlou, Vrede & Lust en Beyerskloof is van die 35 landgoedwyne wat verteenwoordig gaan word. Wynproe is daagliks van 10 vm tot 5 nm. Daar is musiekoptredes, volop koskraampies en vermaak vir kinders. Kaartjies kan bespreek word by www.itickets.co.za. Toegang vir volwassenes sluit wynproe en ‘n glas in en is R150 op 27 April en R170 op 29 April, wanneer die tiende verjaardagpartytjie van 5 nm tot 10 nm gehou gaan word. Kinders van 12 tot 18 jaar oud betaal R50 toegang en kinders onder 12 gaan gratis in. Bel Charmaine by 082-335-5659 of stuur ‘n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
The Cullinan Chamber of Commerce and Cullinan Diamond Mine are hosting ‘Battle of the Golfers’ on 26 April at the Cullinan golf club. Entry is R4 000 per four-ball, including two golf carts, and the fox hole is R2 000 per hole. For more information phone Belinda Janse van Vuuren at 012-305-2501 or 072-173-2515 or send an e-mail to
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Die volgende Tierlantynkies Kuier- en Koopfees word van 26 April tot 1 Mei in die 3Ci Tent, Saalstraat 56, Zwavelpoort gehou. Daar is 68 uitstallers van dekor, klere en juwele tot speelgoed asook ‘n kuier-en-deli-tent waar plaaslike musikante gaan optree. Vermaak vir kinders strek van kreatiewe werkswinkels, gesigverf en mosaïek tot die versiering van kolwyntjies, sandkuns en kralewerk. Die fees is daagliks van 9 vm tot 6 nm, behalwe die Vrydag wat dit tot 8 nm aanhou en die Sondag wat dit eers 10 vm begin en net tot 4 nm aanhou. Toegang is R35, wat eenmalig betaalbaar is en vir ses dae geld. Kinders onder 18 gaan gratis in. Stuur ‘n e-pos aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Johann van Heerden Kunsgalery nooi jou na die opening van ’n Dag met Frida op Vrydag 31 Maart om 6 nm. Dié groepuitstalling word gehou deur plaaslike kunstenaars wat deur die Meksikaanse kunstenaar, Frida Kahlo, geïnspireer is. Die galery is op die hoek van Atterburyweg en Olympusrylaan. Skakel 082-445-3917.
~*~
Swawel Vet hou op 22 April vanaf 8.30 vm ‘n boeredag by Bronberg Wynlandgoed. Leer meer oor bakteriese en virussiektes en inentingsprogramme. Kaartjies is beskikbaar by Swawel Vet Dierekliniek op die hoek van die Boschkop-pad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 012-941-9200.
~*~
Mandi Du Plooy-Baard gesels op 30 Maart met Nadia Beukes van ‘Boer soek ‘n vrou’-faam en medeskrywer Jana van der Merwe by die musikale boekbekendstelling van ‘Paaie van hoop’. Die aand begin om 7.30 nm by die Atterbury-teater en die gaskunstenaars is Dinamiese Dames: Edrien Erasmus, Marisa Drummond en Melissa Bam. Kaartjies kos R100. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.
~*~
Andriëtte kuier op 28 April by Weiveld in Zwavelpoort. Sedert Andriëtte Norman as ‘n vars vokale vonds in 2007 aan die musiekfront begin woel het, het sy musiekliefhebbers vermaak met drie albums wat spog met treffers soos ‘Napoleon’, ‘Dink aan my’, ‘Vat my hoër’ en ‘Dinge’. Die deure open om 7 nm en die optrede is tussen 9.15 nm en 10 nm. Kaartjies kos R70. Weiveld is waar die Boschkop-pad by Lynnwoodwegverlenging aansluit. Skakel 071-471-6698.
~*~
‘Living the Fruits of Life’ is die naam van die uitstalling wat tot 4 Mei by die Tina Skukan Kunsgalery gehou word. Die uitstalling bestaan uit olieverf skilderye van Philip Badenhorst. Die galery is op plot 6, Koedoebergweg, Faerie Glen. Skakel 012-991-1733 of 083-653-6928.
~*~
Mathys Roets tree op 1 April om 8 nm op by die Barnyard-teater in Moreletapark. Deur sy loopbaan het Mathys bekendheid verwerf vir sy sielvolle vertolkings van die wêreld se mooiste ballades, veral die musiek van Leonard Cohen, Roger Whittaker en Neil Diamond. Kaartjies kos R145. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat. Skakel 012-368-1555.
~*~
A collection of art works by members of Shere Art Studio will be exhibited at the Centurion Art Gallery from 2 to 21 April. The diversity of themes, techniques and skilful use of different mediums, create a body of work that will make viewing a pleasurable experience. Viewing hours are: weekdays from 9 am to 4 pm and Saturdays from 8 am to 1 pm. Phone Samuel at 012-358-3477.
~*~
Mense het op 26 Februarie hulle eie potjiekos by die ou mynbestuurder se huis in Cullinan gemaak. Almal het hulle eie kampstoele en sambrele saamgevat en geluister na plaaslike musikant, Garry Blackburn. Die ou huis en perseel word deur Richard Martin Howard opgeknap en as die Cullinan ‘slow food emporium’ ingerig.
~*~
PROE-toria, ‘n fynproewers kos-, spesiaal gebroude bier- en wynmark, word op 26 April van 6.30 nm tot laat by Monte De Dios in Achillesweg 106, Zwavelpoort aangebied. Dit kos R420 vir ‘n sesgang maaltyd. Bespreek by 087-654-4457/8/9. |