Met die onlangse heengaan van Mervyn Woodrow het die Bronberg-gebied nie net ‘n skrywer, skilder, digter, opvoedkundige en filosoof verloor nie, maar ook ‘n besondere humoris.
Mervyn het die kuns verstaan om met deernis oor sy medemens te praat en te skryf, maar ook met ‘n baie fyn sin vir waarneming en vir humor.
In die Bronnie se heel eerste bestaansjaar, 2002, is heelwat geskryf oor die vernietigende uitwerking wat die steengroef in Zwavelpoort op die Bronberg en die natuurlewe (ondermeer Juliana se bedreigde goue mol) sou hê.
Van meet af aan was Mervyn ‘n getroue Bronnie-leser en -ondersteuner. Sy humorsin sou duidelik spreek uit ‘n gediggie wat hy op die Bronnie se eerste poësie-aand by die destydse Nikos Restourant kom voorlees het. Poon het dit goedgedink om dit ter nagedagte aan ‘n Bronberger wat diep spore in ons gebied getrap het, hier te plaas:
The Golden Mole (Maxipeedlia Kolletjie Molletjie)
by Mervyn Woodrow
People say that the dear Golden Mole
That lives in the great Willow Quarry
Is alive and kicking and well,
So really you all shouldn’t worry.
In die boek van ons Flora en Fauna, is
Maxipeedlia Kolletjie Molletjie
Die eg wetenskaplike naam
Van dié mollige wollige bolletjie.
The ‘peedlia’ part of its name
Shows the genius of this little creature:
Its urine is potent viagra
Rub it on and they promise you’ll feature
As ‘Bronberger’ se man van die jaar,
‘n Lustige lekkerlyf vryer, seksbommetjie ‘par excellance’
Gesogd deur ons Bronberger dames,
Knik jy net, sien ons poppies dans.
Now the boulders flung high in the air
By the dynamite blasts in the quarry
Are unpleasant, a cause of concern,
But the moles will survive, they’re not sorry
Want ontploffings se seismiese golwe
Word gevang deur die slim goue diertjies
En verwerk tot ‘n goue elikser
In die wonderfabriek van hul niertjies.
So wees dankbaar vir reuse ontploffings
Drink a toast to the wonderful mole
Hul werk saam tot gelukkige einde
Yes it’s all very good, on the whole.
In Januarie 2003 het Die Bronberger die stukkie van Mervyn gepubliseer. Die steengroef was só ingenome met sy skrywe dat hulle ‘n hele paar vragte bousand op sy hoewe afgelaai het. Mervyn was in daardie stadium besig om geboue op te rig en hy sou later opmerk dat die geldwaarde van die steengroef se geskenk, daarop neerkom dat dit loshande die meeste was wat hy ooit vir ‘n stukke skryfwerk ontvang het. |