Leserslens Maart 2017 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 28 March 2017 09:39
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.


Ma, ons is honger . .  . Carel Breytenbach het hierdie foto van twee swart suikerbekkiekuikens op Kleinfontein geneem. Die bekkige kuikentjies het hulle ouers se naderkomroep gehoor en gereed gemaak om die beloofde maaltyd te ontvang toe Carel die kamera se sluiterknoppie druk


’n Wit ooievaar (Ciconia ciconia) jag vir laas in die afgemaakte grasland by Du Plooy’s Melkery op Kaalfontein voor die lang tog terug Europa toe aangepak word. Dié tradisionele ‘bababringers’ volg nie die korter roete oor die Middellandse see op hulle trektog nie, weens die gebrek aan opwaartse lugstrome daar. Een ooievaar kan tot 39 keer die lang vlug in sy leeftyd voltooi. Leila Steyn het die foto geneem

Die 14-jarige Sune van Aswegen van Tweedracht het een Sondagoggend in haar pa se mielielande ingevaar en foto’s geneem


This butterfly (moth?) was photographed on their patio on the morning of 27 February, says Yvonne Rheeders from Equestria


“As die vis nie byt nie, neem ons maar foto’s,” sê Ruan Smit. Ruan het die foto by die Wilgerivier-pompstasie net buite Bronkhorstspruit geneem


Spekvet gewei in die groen gras wat geil groei op Kaalfontein ná die goeie reëns
Foto: Leila Steyn


Sonsondergang op Nestpark, Bapsfontein
Foto: Adéle Bester

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online