Begrotingsrede: Wat bly in my beursie oor? PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 28 March 2017 09:37
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

“Vyf-en-negentig persent van die land se rykdom is in die hande van 10% van ons samelewing en 35% van die arbeidsmag is werkloos.” Dié stelling is genoeg om enige iemand nagmerries te gee. Ek is baie dankbaar dat die verantwoordelikheid om hierdie vierkantige sirkel te probeer regmaak nie in my hande is nie. 

Mnr Gordhan het in sy begrotingsrede op 22 Februarie gesê dat daar ‘n bykomende R28 miljard in belastinginkomste gegenereer moet word. Dit wil voorkom asof die rykes, rokers en drinkers dié tekort gaan moet opmaak!

Superbelasting
‘n Nuwe belastingkerf van 45% vir individue met ‘n belasbare inkomste van meer as R1,5 miljoen per jaar is bekendgestel. Indien jou belasbare inkomste vir die jaar dus R2 miljoen is en jy is jonger as 65, gaan jy nou R744,990 vir Jan Taks gee teenoor die R725,931 van verlede jaar. Dit beteken dat jy R19,059 minder in jou beursie gaan hê. 

Die laer-inkomste groepe trek effens voordeel. Hier is ‘n kort vergelyking:

Belastingimpak vir persone jonger as 65

Belasbare inkomste (R)

2016/17 (R)

2017/18 (R)

Verskil (R)

            180 000

            18 900

            18 765

                -135

            290 000

            46 860

            46 574

                -286

            400 000

            80 753

            80 348

                -405

            500 000

         116 460

         115 824

                -636

            700 000

         192 957

         192 156

                -801

        1 500 000

         520 931

         519 990

                -941

        2 000 000

         725 931

         744 990

            19 059

Sondebelasting
‘n Pakkie sigarette van 20 gaan jou beursie dunner maak met R1.06. Dit kan ongeveer R31.80 per maand meer kos om te rook (teen ‘n pakkie ‘n dag).

‘n Uitstappie na die drankwinkel is ook minder aangenaam met ‘n 340 ml blikkie bier of sider wat jou 12c meer uit die sak gaan jaag en ‘n 750 ml-bottel spiritualieë (soos vodka of whisky) wat R4.43 meer kos. 

Maar deel iemand my toe mee: “Maak nie saak wat ‘n bottel brandewyn kos nie, dit bly steeds ‘n ‘bargain’.”

Heffings
Die algemene brandstofheffing word op 5 April met 30c/l verhoog en die Padongelukkefonds-heffing met 9c/l. Êrens in die nabye toekoms lê die implementering van die suikerbelasting – sodra die nodige wetgewing goedgekeur word.   

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online