Hulp van helde PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 28 March 2017 09:29
Untitled Document

Laerskool Tygerpoort se jaarlikse fondsinsamelingsbal in Februarie was ‘n behoorlike glansaand met die akteur Pierre Breytenbach as seremoniemeester en oud-Springbok Jannie de Beer as gasspreker. Neil Somers het die vermaak verskaf.


Met die glansaand het Spiderman, Batman en selfs Superman ook ‘n draai gemaak. By hulle is Lizelle Janse van Rensburg en Sonja Müller van Laerskool Tygerpoort

Die ‘Wees-my-Hero’-projek is ook dié aand afgeskop. Dit gee sake-ondernemings en individue die kans om ‘n verskil te maak in die lewens van kinders in hulle direkte omgewing.

Ekonomiese omstandighede maak dit vir al hoe meer ouers moeilik om skoolgelde by te bring. Met dié projek kry spesifieke leerlinge spesifieke borge en die fondse word gebruik vir skoolgelde, terapie, sporttoere en ander hulp wat so ‘n kind mag nodig kry.

As jy betrokke wil raak bel Sonja Müller by 012-809-0029 of  stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online