Alet laat leemte PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 28 March 2017 09:29
Untitled Document

Alet Brisley van Kleinfontein is op 10 Maart in die ouderdom van 78 jaar oorlede.

Haar heengaan laat ‘n groot leemte in haar familie, die Boschkopse Vrouedienstak en Kuierhoekie van NG Rayton-gemeente

Alet word onthou vir haar dryfkrag, deursettingsvermoë en ondernemingsgees met projekte soos die talle koektafels by basaars, poedingtafels vir Vrouekrag by Diamantvallei, die bemarking vir vrouedae en konserte en haar kompeterende gees wat goed tot uiting gekom het in Kleinfontein se Bybelvasvraspan.


Alet Brisley

Sy word ook onthou vir die talle potte sop en toebroodjies wat sy vir minderbevoorregtes gemaak het, haar liefde vir onderwys en die groot aantal kinders wat sy gehelp het.

Alet het ‘n wonderlike humorsin gehad wat sy en haar man, Hennie, saam uitgeleef het.

Sy laat Hennie, drie dogters, skoonseuns en kleinkinders agter. Haar begrafnis was op 15 Maart.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online