Reënboog-wolke oor Rayton PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 28 March 2017 09:24
Untitled Document

Antoinette Basson het op 13 Maart foto’s van dié ongewone reënboog-wolke in Rayton geneem.
“Die strepies-wolke het in die kleure van die reënboog verskyn,” sê sy. “Die kleure en wolke het bly verander in die mooiste kleure en dit was ‘n wonderlike ervaring om hierdie verskynsel te kon aanskou.” 

“Dit laat 'n mens stilstaan om die wonder van die natuur en die werk van ons Hemelse Vader te bewonder en waardeer,” sê Antoinette.

Volgens die kenners word dié soort glansende wolke met reënboog-kleure veroorsaak wanneer talle klein waterdruppeltjies of yskristalletjies elkeen lig weerkaats. Wanneer jy sulke wolke sien moet jy weet dat daar piepklein kristalletjies of druppeltjies in die lug is.

Groter yskristalle veroorsaak son- of maan-stralekranse, maar kleiner kristalle of druppels het die diffraksie van lig tot gevolg, wat die reënboog-effek in wolke vorm.

Die verskynsel word in Engels ‘irisation’ genoem, vernoem na Iris, die Griekse godin van die reënboog en boodskapper van die gode.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online