Soek ook kaart PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 28 March 2017 09:16
Untitled Document

Gereëlde Bronberger-leser skryf:
Ek wil saamstem met Billy du Preez in die Februarie-uitgawe van Die Bronberger

Ek is ook nog nie lank in Pretoria-Oos nie, en sal ook ’n padkaart na al die lekker koffiewinkels, bakkerye, restaurante en interessante plekkies waardeer.

Dis regtig moeilik om in so ’n uitgebreide, nuwe omgewing jou pad te vind na lekker eet- en drinkplekkies.

Baie dankie vir die artikels van Vreethans en sy Metgesel. Dit help ook baie om lekker eetplekkies te ontdek. So was ’n vriendin en ek ’n paar weke gelede Cullinan toe. Heerlike uitstappie met lekker koffie en wortelkoek.

Doen so voort.

In ons Februarie-uitgawe het ons Billy laat weet dat ons met groot graagte ‘n kaart sal plaas as die kuierplekke in ons omgewing saamstaan om so ‘n kaart op ‘n dubbelblad te borg. Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n dergelike dubbelbladkaart en gebeure-kolom vir Cullinan geplaas en dit het groot aftrek gekry. – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online