Dorp van die jaar PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 28 March 2017 09:15
Untitled Document

James Hunt van Rayton skryf:
Ek kon nie slaap nie en het Kwela gesit en kyk. Mev Smit (?) van Rayton was daarop met haar honde en hulle het te pragtig gelyk. Hulle het probeer bewys watter dorp is die beste.

Toe begin ek ‘n lysie te maak van die interessante plekke wat in en om Rayton is.

Ek besef toe dat daar ten minste twee dorpe, naamlik Rayton en Cullinan, in hierdie streek onder Tshwane ressorteer. Ek weet nie van Bronkhorstspruit en Ekangala nie.

Ek wil voorstel dat ons hierdie dorpe afneem. Daarna kan ons die SAUK nader om vir die wêreld te sê: “Hier is ons!” Ek glo een van ons dorpe sal ‘Dorp van die jaar’ wen.

Kontak my by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 082-889-0091.

Brief verkort. Ons stem saam dat dié ‘n besonderse omgewing is. Net jammer van al die vullis wat die wêreld vol lê, veral langs die toegangspaaie tot dié gebied. As inwoners vir ‘Dorp van die jaar’ wil inskryf gaan hulle waarskynlik self ‘n poging moet aanwend om die gemors op te ruim. – Red

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online