Produksie dra boodskap oor PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 28 February 2017 02:46
Untitled Document

‘Produksie 2000’ is een van die projekte wat deel vorm van Laerskool Tygerpoort se jaarlikse anti-boelie veldtog.

Dié produksie, wat op 27 Januarie opgevoer is, dra belangrike waardes oor op die vlak van elke leerling. Dit het met baie lag, maar tog die nodige erns gepaard gegaan.


‘n Toneeltjie uit ‘Produksie 2000’

‘Respek’ is een van die ses Tygie-waardes en daarom is dit vir die personeel belangrik dat elke leerling verstaan hoe belangrik dit is om almal om jou met respek te hanteer.

“Dit maak nie saak wat mense van my dink nie, hulle kan selfs vir my lag. Ek het respek vir myself en ander en ek groei dit elke dag,” is woorde uit dié produksie.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online