Dis oorle Shakespeare wat gesê
het ’n naam is net ’n naam en
dat ’n roos ’n roos sal bly al is
sy naam nou ook poelpetater of
iets. ’n Mens kan seker ook verstaan
dat ’n ou met ’n naam wat dui op ’n
bewerige wapen waar ’n ware man ’n stewige gedoente wil hê, só iets
sou kon kwytraak. Dis uit selfverdediging,
kan jy maar sê.
As ou Shakespeare nou ’n paar eeue
later in Suid-Afrika gelewe het, sou
hy hom baie verleentheid kon spaar. Dan sou hy geweet het hoe maklik
dit is om ’n naam te verander. Hy
sou hom in ’n tydperk in ’n land
bevind het waar name met koorsagtige
spoed verander word; waar ’n Roos ast’ware met ’n pennestreep ’n Poelpetater word, vinniger
as wat jy Polokwane kan sê.
Só het dit met die waterskeiding
van ’94 byna oornag gebeur dat
miljoene Johns, Klaase, Jonasse,
Pietrosse, Jaftas, Wellingtons en
Jacobs net verdwyn het. Tog jammer
dat die een, onder die laasgenoemdes,
wat maar regtig kon
verdwyn, dit toe nie gedoen het nie.
Maar eensklaps was die Jaftabrigade
net weg en het miljoene der
miljoene Siphos, Thabos, Dhumisas,
Bonganis, Matatas en Sizwes hulle
verskyning uit die niet gemaak.
Wat het skielik van al die Liesbette,
Marthas, Betties, Annas, Joyce,
Doras en Winnies geword? Miljoene
het oornag weggeraak, behalwe dat
ek weer aan een van die laasgenoemdes
kan dink wat gebly het toe
sy moes wegraak. Skielik was die
wêreld vol Tandis, Refilwes, Lesedis,
Phulenge, Mpho’s en Mothudis en
so.
En gewapen met hulle nuwe name
het die Sipho- en Mpho-brigade
blykbaar besluit: “Dis maklik. Kom
ons verander sommer al wat ’n
naam is in die land.”
Ou Poon het die afgelope vakansie
wyd gery. Ons het begin by die
Noord-Transvaal, ‘skuus my, ek
bedoel Limpopo. ’n Deel van die
wêreld wat ek gereeld in my kinder en
jonger jare besoek het. Maar by
Warmbad, ek bedoel Bela Bela, al
het ek agtergekom dat ek ewe goed
in ’n ander land kon wees.
Destyds het die premier van Limpopo
verduidelik dat die name in ‘haar’ provinsie moet verander
sodat dit nie herinner aan ‘Afrikaner
nasionalisme’ nie. En toe verander
hulle Naboomspruit na Mookgophong
toe. Nou vra ek jou met
betraande Afrikaneroë, wat het ’n naboom met nasionalisme te
doen?
Of het dit dalk te doen met daai
woord wat Naboomspruit se burgemeester
toentertyd gebruik het en
sy dorp daarmee op die ‘map’ gesit
het? Indien wel, maak dit beter sin,
want daai woord lê diep gewortel in
die Afrikaner-kultuur. Maar om die
beskeie naboom die skuld te gee, is
sommer “daai woord”.
Net só kan jy nie die Egiptenare van
Afrikaner nasionalisme beskuldig
nie. Die Nyl is immers hulle rivier.
Verdien die naam van die magtigste
rivier in Afrika dit werklik om vervang
te word met Modimolle? Dit
beteken glo “place of spirits” of “plek van spoke” dan. Tensy dit verwys
na die ander soort “spirits” wat
oorle oom Apie van Heerden destyds
so voortreflik daar in die Waterberge
uit sy stookketel kon toor. As
dit die geval is, het ons ironies
genoeg vir die eerste keer in Nylstroom
se geskiedenis vierkantig
met die Afrikaner-kultuur te doen.
En so het ons gery oor Mokopane
en Polokwane, deur Makhado en
deur die Kruger Wildtuin – ’n mens
hoop maar net die Sipho-brigade
het nou al hulle helde vernoem en
dat daar nie nog een in die kas is om
oom Paul se naam ook hier weg te
vee nie. Ons is deur Swaziland en
anderkant uit by Houtkop. Ja,
Houtkop. Duidelik ly Swaziland se
Sipho’s nie aan dieselfde naamkompleks
nie.
Met die terugkomslag het ons
gedink ons het in ons Modimolles in
verdwaal toe ons dag ons moet
Witbank kry en skielik sê die borde
ons is amper in Emalahleni. In ’n
mate kan ’n mens verstaan dat die
naam Witbank die Sipho-bende nie
geval nie. Maar is dit oor die naam
te “wit” is of het dit met Afrikaner
nasionalisme te doen? Sou die
Sipho’s kon aflei dat Witbank dieselfde
as Volkskas is? |