CVO Skool Pretoria word 25 jaar oud PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 28 February 2017 02:44
Untitled Document

CVO Skool Pretoria hou ‘n dankbaarheidsfees op 25 Maart om die skool se 25 bestaansjare te vier.

Dié skool op die Shere landbouhoewes het sy deure amptelik op 27 Februarie 1992 geopen. Ten spyte van baie teenkanting en terugslae is die skool vandag steeds besig om Christelike volkseie onderwys te gee.


Leerlinge van CVO Skool Pretoria

Die fees begin om 12:00 en eindig half twaalf die aand. Toegangsfooie is R140 vir volwassenes, R100 vir hoërskoolkinders, R60 vir laerskoolkinders en voorskoolkinders gaan gratis in. Die fooi sluit ‘n aandete met voorgereg, hoofgereg en nagereg in.

Worsbroodjies, koeldrank, water en lekkergoed is tot vier uur die middag te koop.

CVO Skool Pretoria is op die hoek van Lynnwood- en Arthurweg. Vir meer inligting skakel
083-636-6070/98 of e-pos die skool by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online