Kuierhoekie groet Ben PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 28 February 2017 02:43
Untitled Document

Die Kuierhoekie van Rayton se NG-Gemeente het by hulle eerste byeenkoms van die jaar op
31 Januarie ,‘n hartseer afskeid van Ben Grobler geneem.

Ben was een van die eerste lede sedert die Kuierhoekie se ontstaan. Sy eggenote Milly is onlangs oorlede en Ben gaan nou in Pretoria by sy kinders woon. Ben is baie musikaal en kan byna enige musiekinstrument bespeel. Hy het as afskeidsgroet heelwat lande se bekendste liedjies op sy banjo gespeel.


Ben Grobler

Die vorige Kuierhoekie-bestuur is eenparig by dié byeenkoms herkies.

Die Kuierhoekie het op 2 Februarie by Hennie Fourie op Doornkraal gekuier om sy 83ste verjaarsdag te vier. Vier van die mans teenwoordig was ouer as 80 jaar: Jan Geldenhuys, Ben Grobler, Hennie Fourie en Hennie Brisley.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online