Dienssentrum verwelkom Anna Davel PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 28 February 2017 02:42
Untitled Document

Sangeres Anna Davel het 250 gaste by El-pidá Dienssentrum se Valentynstee op 8 Februarie vermaak.


Rosa Loots saam met Anna Davel

El-pidá, ’n onafhanklike nie-winsgewende maatskappy wat vanaf Valleisig Gemeente in Faerie Glen funksioneer, het die dag as ’n fondsinsamelingsprojek aangebied.


’n Groep vroue wat die Valentynstee bygewoon het

El-pidá is ’n gemeenskapsdienssentrum wat ’n verskeidenheid dienste aan ouer mense in die ooste van Pretoria aanbied. Die teikengroep is diegene wat steeds onafhanklik in hulle eie huise bly maar tog ’n behoefte het aan dienste soos bloeddruk- en suikermetings, voet- en handversorging, gebalanseerde etes, Pilatus-oefeninge en selfs lyndanse, uitstappies en toere.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online