Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb2017 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 28 February 2017 02:34
Untitled Document


Dié twee troetelvarke hardloop elke nou en dan in Cullinan se oudorp-strate op en af tot groot konsternasie van die buurt se honde.

~*~


Pak ’n piekniekmandjie, trek jou dansskoene aan en geniet die aand by Laerskool Witpoort se mandjiedans op 3 Maart vanaf 6 nm. Braaivleisvure word verskaf en daar is vermaak vir kinders. Daar is lootjies te koop om groot pryse te wen ten bate van Kaalvoet Kleuters. Die tema is ‘country’ en toegang is R70. Laerskoolkinders gaan gratis in. Kaartjies is te koop by Anoesjka by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 079-881-8237.

~*~


The 2017 Nissan TrailSeeker series for mountain bikes kicks off on 4 March at 6.30 am at Legends MX in Rhenosterfontein. There will be a Bavaria beer garden, food court, massages, expo area, club area, a child-minding facility, bike wash, water points and medical services with a doctor on site. From the N4 highway, take the Rayton / Cullinan / Bapsfontein off-ramp. After the tollgate turn onto the R515 towards Bapsfontein. Turn left after 4 km at the McCarthy 4x4 Club signboard. For more information: 082-413-7726.

~*~


Die drie-dae-lange Hartklopfees word op 7, 8 en 9 Maart ten bate van die President Kruger Kinderhuise by Weiveld aangebied. Gavin Edwards, Cordelia en Adam tree op 7 Maart op. Op
8 Maart is dit Charlize Berg en Pieter Koen se beurt en op 9 Maart Riana Nel en Dewald Wasserfall. Kaartjies teen R100 en R120 is beskikbaar by iTickets. Die fees is op die T-aansluiting van die Boschkop-pad by Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.

~*~


Vriende van die Faerie Glen Natuurreservaat fokus op 4 Maart vanaf 8 vm op insekte met ’n praatjie en staptog deur Michael Stiller. Deelnemers ontmoet mekaar op die grasperk voor die ingangsgebou. Daar is ’n voëlkyk staptog saam met Philip Calinikos op 11 Maart vanaf 6 vm. Nie-lede betaal R50 toegang. Op 19 Maart en 23 April begin die Vriende douvoordag met die uitroei van indringerplante. Vir meer inligting bel Louise Kritzinger by 072-275-0614.

~*~


‘España: A tribute to Josè Montoya’ is performed at the Atterbury Theatre on 11 and 12 March from 6 pm. Helena and Maria Lorca Montoya will be performing with guest artists Che Adams and Rosa Jiminez. Junior, senior and professional dancers will showcase Spanish dances such as regional, neo-classical and Flamenco. Tickets are R100. The theatre is on the corner of Daventry and Lynnwood Roads, Lynnwood. Phone them at 012-471-1700.

~*~


Die volgende Windpomp Handwerkmark is op 25 Februarie, en word gevolg deur die Paasfeesmark op 25 Maart van 8 vm tot 2 nm. Die markte is by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Petit en Bapsfontein. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


Klitsgras se eerste tromsirkel van die jaar was op 10 Februarie. Op 10 Maart tree LA Fires op en daar is didgeridoo-spelers en vuurdansers van 7 nm tot 11.35 nm. Op 18 en 19 Maart word ‘n Africa Burn fondsinsameling gehou en op 24 Maart is daar ‘n Blues Society optrede. Klitsgras is op plot 62, Tierpoort, uit met Garstfonteinweg-verlenging. Bel Andries Bruyns: 083-311-0025.

~*~


Adam Tas tree op 25 Maart om 7 nm by die Hervormde Kerk op Cullinan op. Kaartjies is R130 en kerrie en rys is R30. Die kerk is op die hoek van Zonderwaterweg en die Rayton-pad (R515). Bespreek by 060-798-9209.

~*~


Vanjaar se Protea Cullifest is van 29 April tot 1 Mei. Feesgangers kan uitsien na heerlike eetgoed, interessante kraampies, musiekoptredes en toneelstukke. TV-persoonlikheid Elma Postma hou ’n een-vrou vertoning, genaamd ‘Seminaar’ en die immer gewilde Ben Kruger beplan om gehore te laat skater. ’n Nuwigheid by die fees is die hindernisbaan wat op 1 Mei op die terrein langsaan beskikbaar is. Soos altyd is Japie van Staden se proteas iets om na uit te sien. Die fees word op Zonderwaterweg 12 in Cullinan gehou. Skakel 012-734-0286, 083-655-5645 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Departement van Landbou van Hoërskool Erasmus in samewerking met die Bronkhorstspruitse Studiegroep en Hinterland hou op 11 Maart ‘n waterdag. Daar is volop uitstalruimte en die hoofspreker is Felix Reynders van Departement Landbou-ingenieurswese en hoofdirekteur van besproeiing. Die dag word met ‘n sportprogram gekombineer en die skool se eerste Jeugskou word gehou. Skakel 013-932-0195/6.

~*~


A Steampunk exhibition opens on 4 March at 6.30 pm at ArtBox Gallery, 858 Barnard Street, Elardus Park. Steampunk works are often set in an alternative history of the 19th century’s British Victorian era or American Wild West, in a post-apocalyptic future during which steam power has maintained mainstream usage, or in a fantasy world that similarly employs steam power. Steampunk mixes digital media with traditional handmade art forms. The exhibition will feature jewellery, found objects, drawings, paintings and sculptures from a talented group of known artists.

~*~


Die volgende ‘Diamond Express’ stoomtreinritte na Cullinan is op 26 Februarie en op die vakansiedag, 21 Maart. Die trein vertrek om 8 vm van Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure oor op Cullinan. Kaartjies kos R275 vir volwassenes, R225 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R200 vir tieners, R175 vir skoliere van sewe tot 12 jaar oud, R125 vir kinders van twee tot ses jaar en babas ry gratis saam. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

~*~


The Tswaing Crater Gathering, a three-day music festival, will be held at the Tswaing meteorite crater north of Pretoria from 3 to 5 March from 10 am daily. The crater is 1.2 km in diameter. The crater floor lies 120 m below the rim, which is raised more than 60 m above the surrounding granitic rocks. Phone the organisers at 076-945-5911.

~*~

K2 Saad se jaarlikse Nasionale Boeredag word op 15 Maart vanaf 9.30 vm by die Bapsfontein-Proefplaas gehou. Die volledige spektrum van mielies-, soja-, weidings- en groenteprodukte wat kommersieel beskikbaar is asook die klimaatbeheerde kweekhuis vir SA toestande gaan bekendgestel word. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online