Klipstapel-bome dra boodskap van eenheid PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 28 February 2017 02:32
Untitled Document

Derduisende klippe van reg oor die land is in 1938, met die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument, in ‘n klipstapel gepak deur eeufeesvierders van die Groot Trek.


Die klipstapel
Foto: uitentuis

In sy nuwe boek, ‘Wonderful Trees of Pretoria’, vertel Eric Bolsmann dat dié klippe van 3 tot
16 Desember 1938 opmekaar gepak is as ‘n simboliese gebaar van mense se hunkering na volkseenheid.


Ana-boom
Boomfoto’s: Eric Bolsmann

Die klippe is op ‘n klein sementbasis geplaas met ‘n ringmuur om dit, wat op 22 November 1938 geopen is. Die plan, wat nooit gerealiseer het nie, was om hier ‘n model van die 1841 Geloftekerk in Pietermaritzburg te bou. Die klipstapel is later toegemessel.

In Desember 1963 het die ATKV vyf bome naby die klipstapel geplant om die land se vorige vier provinsies en Suid-Wes-Afrika te verteenwoordig.


Olienhout

Geelhout

Die name van die bome en die verteenwoordigers van die provinsies was as volg: Natal – kuskoraalboom deur dr W Nicol, voorsitter van die Voortrekkermonument beheerraad; Vrystaat – olienhout deur PGN Bezuidenhout, voorsitter van die Provinsiale Raad van die Vrystaat; Transvaal – witstinkhout deur Roger Dyason, beheerraadslid van die Voortrekkermonument; Breederivier – geelhout deur RJ Labuschagne, adjunk van die Nasionale Parkeraad; en Suid-Wes-Afrika – Ana-boom deur I Lombard, beheerraadslid van die Voortrekkermonument.


Witstinkhout

Kuskoraalboom

Die bome is in die vorm van die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad rondom die klipstapel geplant om die groei van die volk te simboliseer.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online