Ma en baba oorleef Elandshoek-aanval PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 28 February 2017 02:27
Untitled Document

Monica Goosen en haar baba, Anè, is op 28 Januarie op hulle Elandshoek-hoewe buite Rayton aangeval en beroof.

Monica het die Saterdagaand op haar bed ’n speletjie op haar selfoon gespeel en Anè het langs haar gelê. Haar verloofde, Barry Jacobs, het nagdiens gedoen.

Die voordeur is net ná 8.30 nm oopgeruk en ‘n man het Monica met ‘n vuurwapen gedreig om stil te bly. Monica het egter aanhou gil en die man het haar met ‘n baksteen in die gesig geslaan.


Monica Goosen en haar baba, Anè
Foto: Simvuyele Mageza

Nog ’n man het by die voordeur wag gehou. Monica se hangertjie, armband en selfoon is gesteel en ’n skoot is afgevuur, maar Monica is nie getref nie.

Die bure het hulle verhuringsagent gebel en dié het Barry se pa, Pieter, gebel. Die veiligheidsmaatskappy het die polisie ontbied. Monica is in die Mamelodi-hospitaal opgeneem met harsingskudding en haar wang was gekneus en geswel.

Sy het daarna by haar verloofde se ouers, Pieter en Theresa Jacobs, in Rayton gebly.

Volgens konstabel Connie Moganedi, woordvoerder van die Bronkhorstspruit-polisie, is niemand nog in hegtenis geneem nie.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online