Dankie vir mes PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 28 February 2017 02:19
Untitled Document

Dr Willie Burger van Kleinfontein skryf:
Ek was op 14 Februarie by Binnelandse Sake in Cullinan. Ek is ’n mesversamelaar en terwyl ek in die ry staan, sien ek in die ander ry ’n man, vrou en jong dogter en die man het ’n pragtige Leatherman-mes.

Ek vra om na hom te kyk aangesien ek ’n versamelaar is. Die man vra toe of ek die mes wil hê . . . en gee die mes vir my!

Dit het so deurmekaar gegaan en toe ek weer sien is die mense klaar weg. Nou wil ek hulle graag bedank en uitnooi om na my versameling te kom kyk, maar ek het nie hulle besonderhede gekry nie.

Kan dit wees dat hulle dalk die Bronnie lees? Indien wel, my nommer is 082-908-5900.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online