Kaart van kuierplekke PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 28 February 2017 02:15
Untitled Document

Billy du Preez van Pretoria-Oos skryf:
Ek is ’n afgetredene alleenloper wat dikwels voel om êrens heen te ry vir iets te ete of net koffie. Ek sien vele advertensies in elke uitgawe maar weet nie waar dit geleë is nie.

Is dit moontlik om ’n eenvoudige kaart van die omgewing te publiseer met die verskillende plekke daarop aangeteken?

Ek, en ek glo ook vele ander, sal goed daarvan gebruik maak. Met tyd op jou hande is dit ’n aangename uitstappie om onbekende plekke op te soek en te verken.

Dankie vir jou navraag en jou belangstelling in Die Bronberger. As die kuierplekke in ons omgewing saamstaan om so ‘n kaart op ‘n dubbelblad te borg, sal ons met groot graagte so iets plaas. Ons het ‘n paar jaar gelede so ‘n dergelike dubbelbladkaart en gebeure-kolom vir Cullinan geplaas en dit het groot aftrek gekry. – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online