Ons kan help met jou voorspoed Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 31 January 2017 22:15
Untitled Document

Ons kan help met jou voorspoed

Welkom in die Bronnie se eerste uitgawe van 2017. Ons wens is dat dit vir almal ‘n lekkerleesaanloop na ‘n voorspoedige nuwe jaar sal wees. Dit is ook die jaar waarin die Bronnie bevoorreg genoeg is om ‘n volronde 15 jaar oud te word.

Hierdie uitgawe bewys weer die buitengewone meelewing wat die Bronnie van sy lesers geniet. Iets waarvoor ons opreg dankbaar is. Jy kan maar net na ons lywige briewekolom kyk vir bevestiging daarvan dat Die Bronberger goed, deeglik en gereeld gelees word. En juis hierin lê óns voorspoed opgesluit.

Oor die jare heen en tot nou toe het baie gewaardeerde adverteerders tot die besef gekom dat hulle produkte en dienste behoorlik raakgesien en benut word as dit in die Bronnie geadverteer word.

Dit is ook al telkens bewys dat die meelewing van die Bronnie se duisende, getroue lesersvriende ook ‘n positiewe oorspoeluitwerking het vir diegene wat by ons adverteer. Mense wil ondernemings ondersteun wat hulle advertensies in Die Bronberger plaas. Dit is ‘n feit wat deurlopend deur lesers en adverteerders in briewe aan ons gemeld word. Ter stawing plaas ons hier onder enkele uittreksels uit sulke briewe:

Maxie Willemse: “Die Bronnie is inderdaad ‘n wins. Ek het goeie navrae as gevolg van die advertensie gehad.”

Deon van Rensburg: “Dankie vir julle inset in die gemeenskap. Dis ongelooflik hoeveel mense Die Bronberger (in detail) lees en die oproepe wat ek gekry het.”

Alet Erasmus: Die Bronberger was in al die jare wat ons deel is van die omgewing, ’n tydskrif om na uit te sien. Ons ondersteun graag die adverteerders – sommige al ou bekendes.”

Annette Prinsloo: “Ek gebruik die adverteerders in Die Bronberger en ek neem elke keer ’n ekstra Bronnie vir ons ander seun en familie wat in Montana woon.”

Yvonne Pienaar: “Ek is nou so opgewonde en wil julle graag laat weet dat ons meer navrae uit die Bronnie gekry het as uit enige ander plek.”

Avril Mills: “I have had very good response to the advert. Many thanks and have a good day.”

C Brand: “Baie dankie aan Danie en dankie aan die Bronnie wat sulke advertensies dra.”

Joanne Theron: “Ek het nou twee baie goeie ervarings gehad, danksy twee advertensies in die Bronnie. Dis die moeite werd om die Bronnie se adverteerders te ondersteun.”

Duncan Oosthuizen: Julle het werklik inderdaad goeie adverteerders, asook ‘n goeie tydskrif.”

Juanita Jamneck:Die advertensies word ook op ‘n gereelde basis in my huis geraadpleeg – as ons enige iets soek of moet laat doen, gryp ons eerste die Bronnie!”

Freda Scott:Advies aan alle nuwe besigheidseienaars: adverteer gerus in dié glanstydskrif.”

Die gevolgtrekking? Die Bronnie kan en wil graag help om jou onderneming in 2017 voorspoediger te maak.

 

© 2024 Die/The Bronberger