Skooltassies vir graad eentjies PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 31 January 2017 20:15
Untitled Document

Solidariteit se Helpende Hand het op 12 Januarie 21 skooltassies aan Laerskool Witpoort oorhandig as deel van hulle Skooltassieprojek. Hulle het die graad eentjies ook vermaak met ‘n poppekasvertoning en springkasteel.

Elke tassie se inhoud is R850 werd en word aan graad eens wat dit nie kan bekostig nie, gegee.


Van links na regs: Alisha de Lange, Helpende Hand streeksorganiseerder; Meyer le Roux; Issie Rossouw; Michael Combrink, skoolhoof; Hugo Vermeulen, hoof van Solidariteit: Skole-ondersteuningsentrum; en Margole Riekert

Lede van die Helpende Hand Cappuccino’s tak, wat gemeenskapswerk in die Witpoort-omgewing doen, het die poppekas aangebied. Meyer le Roux, wat ‘n driekamp van 500 kilometer oor vyf dae gedoen het vir Solidariteit se Skooltassieprojek, het ook gaan deel in die vreugde van die dag.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online