Meeding en lekker sing PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 31 January 2017 20:15
Untitled Document

Die Fisante met hulle geel- en Tarentale met hulle blou spandrag het op Saterdag 14 Januarie by Laerskool Witpoort se huissport teen mekaar meegeding.


Die Tarentale

Die gees het van vroegoggend af hoog geloop toe die fisante met ‘n geel laaigraaf opgedaag het om die optog om die baan te lei, met die tarentale kort op hulle hakke. Die krete het weergalm net voor die eerste skote geklap het.


Pieter Ferreira

Talle rekords is op die dag verbeter en ‘n hoogtepunt was die 0/6 seuns se 60 meter wat Pieter Ferreira in 11.30 sekondes gewen het.


Die Fisante met hulle geel laaigraaf

Hester Gondwe is aangewys as die Victrix Ludorum en Gustav Combrink as die Victor Ludorum van die byeenkoms. Die Tarentale was die wenspan.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online