PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 31 January 2017 22:15
Untitled Document

Ons kontrei se mense het in Desember weer ingespring om boere en ouetehuisbewoners in Griekwastad, wat op daardie stadium bykans geen reën gekry het nie, te help.


Toe die boere van dié geteisterde gebied nie meer kon help nie, het ruimhartige mense uit ons kontrei ‘n verskil gemaak

Die Griekwastadse boeregemeenskap het die dorp se ouetehuis vroeër onderhou, maar te wyte aan die droogte is hulle fondse uitgeput en het die Bronberg-gebaseerde groep van SA Crisis Support besluit om te help, sê Bronberg-inwoner, Gerhard Potgieter.


Elke ouetehuis-inwoner het ‘n geskenkpakkie ontvang

In ‘Kontrei se mense maak harte oop met droogtehulp’ in Die Bronberger se Februarie 2016-uitgawe het ons geskryf dat boere se nood vir Karen Schwendtke, ‘n sakevrou van Pretoria-Oos wat op verskeie rade en welsynsorganisasies dien, gemotiveer het om SA Crisis Support op die been te bring.


Bakkievragte vol kruideniersware uit die Bronberg-gebied

“Ons het in Desember bakkievragte kruideniersware afgestuur. Vroeër verlede jaar het ons 19 dubbel-vragmotors vol hooi en oor die honderd duisend liter water afgestuur,” sê Gerhard. “Die meeste van die skenkings was van Cullinan, Zwavelpoort en Witbank en ons wil almal in dié gebied bedank. Veral die Jordaan- en Van der Poel-boere het baie bygedra.”


Inwoners was dankbaar vir hulp uit Bronbergwêreld

Gerhard vertel dat die groep die mooiste bedankingsbriewe van Griekwastad gekry het. Een van die boere se dankie-sê-brief aan almal wat geskenk het, lui: “Julle mense was ons reën toe Griekwastad nie wolke gehad het nie.”

 

© 2019 Die/The Bronberger