Wolfmaan rys oranje PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 31 January 2017 20:15
Untitled Document

Die nuwe jaar se heel eerste volmaan, die wolfmaan, het op 12 Januarie oor ons kontrei gerys. Donkermaan gaan op 27 Januarie val.


Die negejarige Anri van der Vyver van Tweefontein verewig die oomblik op haar selfoon
Foto’s:  Laurette van der Vyver

Die benaming ‘wolfmaan’ kom van die byname wat die ou Amerikaanse stamme aan elke maand se volmaan gegee het om met die seisoene by te hou. In die noordelike halfrond het Januarie se maan glo verskyn wanneer die wolwe honger in die sneeu huil.


Die oranje-rooi wolfmaan half agt die aand van 12 Januarie op die plaas Tweefontein

Die meeste seisoene het drie volmane, maar omdat die maansiklus 29 dae is, het sommige seisoene vier volmane. Die term ‘bloumaan’ word gebruik vir so ‘n ekstra volmaan.

 

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online