Bronnie se toeka-stories oor radio herhaal |
|
|
News -
Toeka se dae
|
Tuesday, 31 January 2017 22:15 |
Untitled Document
Die radioreeks wat op die Bronnie se koffietafelboek gebaseer is, word nou ‘n tweede keer uitgesaai. Die reeks, ‘Stories van Toeka’, was verlede jaar van Augustus tot begin Desember op Pretoria FM. Van die begin van Januarie word dit Dinsdagaande net ná half elf heruitgesaai.
‘Stories van Toeka’ is op verhale uit ‘Toeka se Dae – Die Karakters’ gebaseer, ‘n koffietafelboek gebore uit die toeka-artikelreeks in Die Bronberger met die klem op die kleurvolle karakters waaroor ons die afgelope 14 jaar skryf.
Die boek bied lekkerlees stories wat enigiemand, met of sonder ‘n belangstelling in die geskiedenis van Pretoria, sal boei.
‘Toeka se Dae – Die Karakters’ kos R295, koerier- en poskostes uitgesluit. Skakel die Bronnie se kantoor by 012-734-0522 of vir Tania by 072-089-0227. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. |
|