Penny Pinchers brei poppies vir Cindi kinders |
|
|
News -
Ons Mense
|
Monday, 26 January 2009 23:57 |
Untitled Document
Die breinaalde het behoorlik gegons by Nkwe se kampterrein toe lede
van die Penny Pinchers woonwaklub besluit het om getraumatiseerde
kinders by te staan.
Die tannies het vir die vale
gebrei in ’n poging om ’n poppie
aan elke getraumatiseerde
kind wat onder die Cindi
vereniging (Children in distress)
se vlerk geneem is, te
gee.
Dié tannies sê dat hulle poppies
as trooskombersie kan
dien. Die boodskap wat hulle
vir elke seun of dogter met dié
handgemaakte persentjies wil
gee is: Jy is uniek; daar is niemand
soos jy nie. Jy is liefdevol
handgemaak.
Benewens Nkwe se Francois
Liebenberg en sy vrou Trudie,
is al die vrouens lede van die
Penny Pinchers woonwaklub.
 Agter van links na regs: Francois
Liebenberg; Sarie Gainsford; Tokkie Cordiglia; Dollie de Wet; en Fillie Snyman. Voor: Trudie Liebenberg en kleindogter; Alet Coetzee; Ella Agenbacht; en Anita van Tubbergh
Foto?s: Francois le Roux
|
|