Ek is raadop PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 31 January 2017 19:56
Untitled Document

Brumilda van Rooi skryf aan dr Liesel van der Merwe:
Ek het u adres gekry na ek moontlike siektes probeer soek het vir my hond. Ek is vreeslik raadop. Weet regtig nie meer watter kant toe nie.

My hond is nou 10 maande oud. Ek het hom gekry toe hy vier maande oud was en ek is nie seker of hy enige inentings gehad het nie. Ek het ontwurm-pille by die supermark gekoop en hom daarmee ontwurm.

So drie maande gelede het hy katgriep gehad en die veearts het gesê dat my hond sal doodgaan, dus help dit nie hy gee antibiotika nie. Ek het hom self probeer dokter met die medikasie wat ek het en hy het weer gesond geraak.

’n Maand terug het hy sy eetlus begin verloor (ek dink meestal dit is oordat ons sy kos verander het na ’n ander geur en ook omdat ons hom bietjie vleiserigheid tussenin gegee het). Hy wou meer en meer niks weet van sy kos nie, net vleis. Ek het hom maar probeer voed deur namiddae vir hom hoender of iets gaar te maak.

Sy ogies het nou so ’n week of twee terug begin om baie nou te raak, sodat die vlies heel oortrek na boontoe. Ek het nie geld om hom na ’n veearts te neem nie en ek het hom nou al vir die twee weke antibiotika gegee, maar dit lyk of dit net vir ’n tydjie werk en dan is hy maar weer so.

Hy is baie lusteloos. Hy het weer begin eet maar nie sy normale hoeveelhede nie. Hier is baie katte rondom ons wat hy soms jaag en dan klap hulle hom in die gesig. Ek gee ook vir hom op ’n daaglikse basis Bob Martin-tablette maar niks werk nou meer nie.

Indien u enige raad het of goedkoop middele wat ek kan koop en vir hom gee om hom weer beter te maak, sal ek dit baie waardeer. Ek wil hom net weer sien speel en hardloop.

Dr Liesel answers:
Unfortunately it sounds as if your dog has a serious condition or disease. 

Not all diseases respond to antibiotics, as you saw with the ‘cat flu’ (parvovirus) infection.  Just as it doesn’t help taking antibiotics for the flu, which is a viral infection, so antibiotics will not help for diseases caused by viral or other infectious causes. 

No healthy dog will not eat to the point of weight loss just due to a flavour change in the diet. 

When the eyes become small it is because they are sunken and this is due to weight loss or dehydration. Is your deworming up to date? 

I cannot help with a diagnosis and therefore cannot prescribe any treatment without seeing the dog. You will unfortunately have to seek professional veterinary advice in this case.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online