Dankie vir ondersteuning PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 31 January 2017 19:47
Untitled Document

Tersia Gouws van KWO in Zwavelpoort skryf:
Namens die Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) wil ons graag ons raad van trustees, die bestuurspan, elke personeellid, vrywilligers, tydelike markpersoneel, Paul Jungnickelhuis se inwoners, uitstallers van produkte en ook die publiek bedank vir hulle bydrae tot ons mark.

Vanaf 3 tot 18 Desember is die 16de jaarlikse Nickel Kersmark deur KWO aangebied. Ongeveer 100 uitstallers se produkte is uitgestal, wat ook uitstallings van KWO se beskermde werkswinkel, pottebakkery van die gemeenskapsprojek in samewerking met die Lethabong-gemeenskap en items vanaf die Kungwini skenkingwerf ingesluit het.


Ingang tot die Nickel Kersmark op die perseel van Kungwini Welsynsorganisasie

Die Kungwini Jeug- en Kinderversorgingsentrum het ook ‘n projek gehad waar hulle plante versorg het en dié plante is aan die publiek te koop aangebied.

‘n Feestelike atmosfeer het geheers en daar was heerlike kos op die teetuin se spyskaart. Verder het die snoepwinkel voorsiening gemaak vir roomys, koeldrank en verversings wat monde laat water het.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online