Drolpeer se naam PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 31 January 2017 19:37
Untitled Document

Carel Breytenbach van Kleinfontein skryf:
Ek het die Dombeya artikel in die Desember-uitgawe terdeë geniet (‘Drolpeer dra swaar aan sy naam’).

Ek vermoed die naam ‘drolpeer’ het ’n meer geloofwaardige oorsprong veral omdat ek dit eerstens van my oupa gehoor het wat wel in die Anglo-Boere-oorlog betrokke was, asook in ’n artikelreeks oor blom wilde bome, destyds in een van die koerante of tydskrifte in die vroeë 1960’s.


Die gewone drolpeer, Dombeya rotundifolia, se vruggies

In beide gevalle is beweer dat die Engelse soldate in die oorlog pere aan die bome gaan soek het weens die bykans ooglopende ooreenkoms. Groot was die teleurstelling toe niks gevind is nie en die boom is weldra deur die soldate ‘droll pear’ gedoop met dien verstande dat ‘droll’ grap beteken en dit was wat die boom met hulle gedoen het.

Die ‘droll’ is egter baie vinnig deur die Boerekrygers verander na ‘drolpeer’, heel waarskynlik om grappenderwys na die Engelse soldate se onkunde te verwys. Daar is natuurlik ook ’n pragtige pienk variant wat veral in die rante rondom Nelspruit gedy asook enkeles in die Soutpansberg.

Die Dombeya familie is egter verskuif uit die Sterculiaceae en is opgeneem in die vergrote Malvaceae familie.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online