Bronnie is my bron PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 31 January 2017 19:32
Untitled Document

Coen Basson van Oudtshoorn skryf:
Goeiemore daar doer bo. Dankie vir die plesierige voorspoedwense wat ek ook graag vir die Bronnie toewens.

Dis met waardering dat ek die Bronnie se nuusbriewe ontvang, lees en geniet. Jammer ek kan nie regtig deelneem nie – ek sit hier onder in die land by Oudtshoorn. Maar moenie ophou stuur nie, dis ‘n vreugde om julle te ontvang. En te benut ook!

Ek skryf graag as my stokperdjie. Ek is besig met ‘n roman en daar steek my navorsing vas: ek moet weet wanneer het die eerste boormasjiene en windpompe in SA in gebruik gekom. Ek soek my lam op die Internet; Google met elke woord wat ek aan kan dink, maar geen sukses nie.

Oplaas, net voor ek moed opgee, sien ek ‘n skakel wat wys na Die Bronberger. En oor ek ‘n Bronnie-leser is, dog ek wat op aarde sal dit nou verskyn onder ‘boor en windpomp’. En kyk nou net. My probleem is opgelos met ‘n April 2015 artikel en Bronnie as my verwysingsbron.

Bronnie was dus vir my die unieke bron vir hierdie inligting. Skote Petoors!

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online