Onthou jy dié busse? PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 31 January 2017 19:32
Untitled Document

Roel Jansen skryf:
Ek verneem Die Bronberger is gedug as dit kom by navrae oor ons gebied se geskiedenis. Tussen 1970 en 1980 was daar ‘n ingekontrakteerde busdiens wat skoliere vanaf Menlopark Laer- en Hoërskool, Glen High School en Laerskool Constantiapark aangery het van en na hulle huise op die plotte en plase.

Dit was twee busse wat deur ‘n oom en tannie Strydom bestuur is. Tannie Strydom het die plotte en plase op die Atterbury-grondpad gedoen en oom Strydom het die Welbekend-grondpad (wat nou Garstfonteinweg-verlenging is) gedoen.

Ek sou verskriklik graag hoor of een van die lesers moontlik nog ‘n foto het van die busse of die oom en tannie?

Lesers met meer inligting oor oom en tannie Strydom en hulle busse kan ‘n e-pos stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of kan ons kantoor skakel by 012-734-0522. – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online