Dankie, beskermengele PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 31 January 2017 19:31
Untitled Document

Bettie Broodryk van Cullinan skryf:
Ons inwoners van Cullinan Diamond Retirement Village het onlangs tot ons ontsteltenis opgemerk dat termiete ons kompleks bedreig. Met ons beperkte fondse en gebrekkige kennis van die nuwe gevaar, was ons hande in die hare. 

Na vele navrae het Liza Swanepoel van ’n bekende firma tot ons redding gekom. Nie net met raad en inligting nie, maar met ’n ruim skenking van termiet-gifstof. Baie dankie Liza, ons waardeer dit opreg.

Deon Bornman het weereens die inwoners gered met ‘n opgradering van ons sekuriteitstelsel. Deon, ons bedank jou uit die diepte van ons harte vir al die veiligheidsmaatreëls wat jy installeer en onderhou, vir jou vinnige reaksie en jou uitmuntende kennis.

Mag jy altyd geseënd wees, soos jy ons seën.

Van al die inwoners van Cullinan Diamond Retirement Village.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online