Quimi Huis hou sy eerste opvoering |
|
|
News -
Ons Mense
|
Monday, 26 January 2009 23:31 |
Untitled Document
Elsabé Maré
Inwoners van Rayton se Quimi Huis, waar
intellektueel gestremdes versorg word, het
knap voor Kersfees hulle eie Kersverhaal
opgevoer.
Ná omtrent een en ’n half jaar van bestaan was
Quimi Huis gereed vir dié optrede, bygestaan
deur stigter Linda Krause, asook Marie Jacobs en
personeellede.
“Ons was nie in ons eerste jaar al gereed om die
Kersverhaal aan te pak nie en ons het selfs dié
jaar gespook, maar ons is dankbaar vir nog ’n
geleentheid wat aan ons inwoners gebied is.
Dankie vir almal se hulp wat dit moontlik gemaak
het,” sê Linda.
Na ’n tydperk waarin die gemeenskap hulle harte
en hande vir dié huis oopgemaak het, het ’n wonderlike
bederftyd rondom Kersfees hom daar afgespeel.
Selfs Meneer Pretoria
2008/09, Jaco de Bruyn, se
kattebak was vol geskenke
wat hy aan ’n waarderende
gehoor uitgedeel het.

Met Linda Krause in die agtergrond lees een van die inwoners die Kersverhaal voor terwyl skaapwagters soek na die Christuskind |

Geskenke word met vreugde ontvang
.
. |
|
|