Leserslens - Desember 2016 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 12 December 2016 13:19
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.


“Klein wit geveerde klippe. Die ooruil se kuikens het uitgebroei”, is die byskrif wat Reline Badenhorst saam met haar foto gestuur het. Leserslens het in Oktober ’n foto geplaas van die ma-uil wat goedsmoeds tussen die klippe op Elandshoek broei

Johan Pieterse was by toe kiewiet se kinders uitgebroei het. Links kan gesien word hoe die kuikentjie die eier na ontsnapping begin stukkend pik en regs maak die outjie kennis met die wêreld


Nadine Bennett se ponie, Gambit, het op ’n warm dag van die reëngevulde dam op haar hoewe gebruik gemaak om ’n bietjie af te koel


Die lelkiewiet is baie skaarser as sy kroon- en bontboeties in ons gebied. Alet Erasmus het dié een raakgeloop waar hy besig was om in ’n grondpadpoel op Kleinfontein te bad


Amorien Van Heerden het die foto in Taustraat, Tierpoort geneem


Louise du Plessis het die besonderse wolkformasie vanaf die Silver Woods Landgoed afgeneem


Voorskemer op die Boschkoppad. Derek Bekker het die foto geneem


Eskom se ‘grys monsters’ staan oral langs ons gebied se paaie. Gene de Lange het besluit om een van nader te beskou en gevind dat dit eintlik ’n heel kleurvolle staalmonster is 


Die middagstond het ook goud in die mond . . . Barbara Corine Bennett het dié toneel op
27 November met sonsondergang in Bashewa vasgevang

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online