Boomplantdag by plaasskool gehou PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 12 December 2016 13:17
Untitled Document

Laerskool Witpoort het onlangs ’n boomplantdag gehou waar elke graad in die skool die kans gekry het om hulle eie boom te plant.  


Rinus Riekert, links, en skoolhoof Michael Combrink

Die bome, gieters, grawe, reënmeter en kompos is deur Mosanto saadmaatskappy geskenk.
Rinus Riekert, Monsanto se streekverkoopsverteenwoordiger in die Bronkhorstspruit-gebied, het die dag gereël.


Elke graad het hulle eie boom geplant

Monsanto het ’n praatjie oor volhoubaarheid gehou en leerlinge bewus gemaak van die belangrikheid van bome in die omgewing. Hulle het ook raad gegee oor hoe bome geplant moet word en wat bome alles nodig het om te kan groei.


Selfs die kleuters kon hulle eie boom plant

 

© 2019 Die/The Bronberger