Ons verneem tot ons ontsteltenis dat ’n sekere uitvaagsel, wat glo op Rayton bly, mense se troetelhondjies steel om dit dan te verkwansel aan ander niksvermoedende diereliefhebbers. Die man ryloop glo gereeld tussen Rayton en die ou Bronkiepad. Ons hoor die geld wat hy vir die hondjies kry, word gebruik om sy drinkgewoontes te steun.
~*~
Mem’re se Glinsteraandmark is op 9 Desember van 5 nm tot 9 nm. Toegang is R10 en kinders onder 10 jaar kan gratis ingaan. Daar gaan kuns, kunsvlyt en goeie vermaak wees. Mem’re is in Oaklaan 140, Cullinan. Bespreek by Sue: 076-250-9588 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Die Windpomp Kersmark word op 17 Desember by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Petit en Bapsfontein gehou. Gewone Windpomp handwerk-markte is elke laaste Saterdag van die maand van 8 vm tot 2 nm. Bel Adele by 083-445-1608.
~*~
Die laaste Klitsgras tromsirkel en vuurdans vir die jaar is op 16 Desember van 7 tot 11 nm. Toegang is R60. Klitsgras is op plot 62, Tierpoort, uit met Garstfonteinweg-verlenging. Bel Andries: 083-311-0025.
~*~
Kungwini Welsynsorganisasie se Nickel Kersmark is nog tot 18 Desember van 9 vm tot 6 nm aan die gang. Dié mark bied handgemaakte items van gehalte. Daar is ook ‘n teetuin met ligte etes, veilige parkering en bankkaartgeriewe. Kungwini Welsynsorganisasie is op plot 214, Zwavelpoort, Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 012-940-0221 of 082-806-2472.
~*~
‘n Kuns Kersmark word tot 17 Desember by Coffee Café in Rayton gehou. Daar is vanaf Barbie-klere, kinderklere, juwele wat elke persoonlikheid en kleurskema pas, skilderye en kussings tot oorspronklike teesakkie-kaartjies, handoorgetrekte hoededosies, klein koekies en rame. Bel Magda by 074-477-3373.
~*~
Theuns Jordaan kuier op 15 Desember en Snotkop op 16 Desember by die Weiveld. Die deure open om 7 nm en optredes begin tussen 8.30 en 9 nm. Weiveld is by Bronberg Wynlandgoed in Zwavelpoort, waar die Boschkop-pad by Lynnwoodweg-verlening aansluit. Skakel 071-471-6698.
~*~
Cullinan-inwoners gaan op Oukersdag vanaf 1 uur met ‘n trekkertoer deur die dorp gery word en Kersliedjies sing. Die eerste stop is by die hoërskool se parkeerplek en van daar af gaan die singende trekkertog dwarsdeur die dorp ry. Dié toer word moontlik gemaak deur lede van Cullinan-buurtwag, die Spar en Byron van Village Tours. Vir meer inligting bel Toni: 082-698-6051.
~*~
‘Die Kersfees Kabouter’ word op 17 Desember om 11 vm en 2 nm by die Barnyard-teater, Parkview opgevoer. By Kersvader se fabriek in die Noordpool gebeur daar baie interessante dinge. Daar is Kersbome, Kersfeeskarakters, liggies, hope geskenke en vrolike liedjies. Maar eendag gebeur daar ‘n verskriklike ding in dié fabriek. Die Kersfees Kabouter besluit om al die lekker geskenke vir Pretoria se kinders weg te steek. Gaan kyk hoe Kersvader en sy elfies die kabouter vang. Kaartjies kos R95. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat, Moreletapark. Skakel 012-368-1555.
~*~
‘A Colour-ed Krismis story’ word op 15 Desember om 7.30 nm by Atterbury-teater opgevoer. Die groep vertel stories van hoe hulle families op Oukersaand bymekaar kom. Hulle vertel van die tannies wat in die kombuis besig is om die kos reg te kry vir Kersfees, terwyl die ooms op die stoep sit met bier en musiek en die kleintjies in die tuin speel. Kaartjies kos van R120 tot R150. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.
~*~
‘n Oujaarsdans met Country-musiek en ‘n Boere-orkes gaan by die legendariese Bapsfontein Hotel gehou word. Daar gaan ‘n kontantkroeg wees en eie eetgoed is welkom. Kaartjies word by die deur verkoop. Toegang is R100 vir volwassenes en R30 vir kinders. Bel Amanda by 076-057-7827.
~*~
‘n Tradisionele Nuwejaarsfees met aktiwiteite vir jonk en oud word op 2 Januarie van 8.30 vm tot
4 nm by die Pioniersmuseum in Silverton gehou. Dié gesinspretdag bied geleenthede vir braai of piekniek en daar gaan vlooimarkkraampies en volop kos, soos boerbrode, pap en kaiings, te koop wees. Boeresportaktiwiteite strek van sakresies, toutrek, ballongooi tot die pret paddaspringkompetisie. Daar is ook ‘n sweepklapkompetisie, kultuurdemonstrasies, soos die maak van vetkerse, karring van room tot botter en die maal van koffiebone, by die 1848 Pioniershuis. Gidse in periodedrag uit die 1840’s bied begeleide toere deur die waenhuis aan. Toegang vir volwassenes is R30, vir kinders onder 12 jaar R10 en vir voorskoolse kinders gratis. Skakel 072-323-9758, 012-813-8006 of 012-803-6086.
~*~
Die Cullinan Bewarea nooi jou uit na ‘n uitstappie saam met lede van die Spinnekopklub van Suid-Afrika. Die uitstappie is op 21 Januarie van 9 vm tot 12 uur en begin by aHa Idea Catalyst in Rietfontein. Bespreek teen 16 Januarie by 071-280-2102. Die koste is R75 ‘n persoon.
~*~
Rian van Heerden van Jacaranda FM het Cullinan se Las Vegas-aand op 12 November bygewoon. Hy het ‘n uitdaging aanvaar om saam met vermaak-kunstenaar, Quentin Prinsloo, wat soos Elvis aangetrek was, op die verhoog te klim en te dans.
~*~
Did you know that the first multi-lingual bird book for children was written by Erroll Cuthbert from Mooikloof? There are 58 illustrations and the text is in English, Afrikaans, Zulu and Xhosa. Volume one was first published in 2006 and volume two in 2009.
|