Bronnie se mense span uit PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Monday, 12 December 2016 13:11
Untitled Document

Die Bronnie se jaarlikse blaaskans begin op 9 Desember, wanneer ons kantore vir ‘n volronde maand sluit om weer op 9 Januarie 2017 oop te maak.

Ons Desember-uitgawe word soos gebruiklik vroeër as in ander maande versprei en Januarie se Bronnie weer later as gewoonlik. Dit gee ons die geleentheid om ook een keer per jaar ‘n bietjie af te saal.

Die sperdatum vir die nuwe jaar se eerste Bronnie is op Dinsdag 17 Januarie. Teen daardie tyd is die skole al ‘n week weer aan die gang en is almal hopelik stewig terug in die saal en geesdriftig om van 2017 ‘n wennerjaar saam met Die Bronberger te maak.

As alles na plan verloop, word die jaar se eerste uitgawe vanaf Woensdag 25 Januarie versprei.

Ons sal steeds in die vakansietyd bereikbaar en bereidwillig-beskikbaar wees. Vir enige navrae en advertensiebesprekings bel Gerhard by 082-377-6807, Tania by 072-089-0227 of Angie by 083-959-1016 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Iemand sal ook op bystand wees om oproepe na ons kantoornommer, 012-734-0522, te beantwoord.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online