Kapingsdrama eindig in Olympus PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 26 January 2009 21:24
Untitled Document

Zwavelpoorters is Donderdagnag 8 Januarie op hol gejaag met SMS boodskappe oor vier gewapende kapers wat suid van die Bronberg rondloop. Twee beweerde kapers is daardie nag vasgetrek en twee het weggekom.

Die kapingsdrama het in Olympus geëindig na ’n wilde jaagtog waarin drie voertuie afgeskryf is en ’n voetganger vermoedelik raakgery is.

Blykbaar is ’n BMW 5-reeks dié Donderdagoggend in Silverton gekaap. Die Lyttelton-polisiekantoor se taakspan het die gekaapte voertuig die aand in Elarduspark opgemerk. Toe die insittendes agterkom die polisie is op hul spoor, het hulle begin jaag.

Lede van die Garsfontein-polisie, die polisie se honde-eenheid en die blitspatrollie het begin om die paaie af te sper by die kruising van Atterburyweg en De Villebois Mareuilrylaan. Die voertuig is teen ongeveer 160km/h deur die kruisings en het amper die polisiemanne doodgery. By die volgende kruising in Olympus het hulle teen twee voertuie, ’n bakkie en ’n Mercedes-Benz, gebots, beheer oor die voertuig verloor en in ’n stormwatersloot beland.

Volgens inwoners was daar ’n oor-en- weer geskietery en die polisiemanne is agter die vier verdagtes die bosse in. Hulle het twee vasgetrek en op ’n vuurwapen beslag gelê.

 

© 2019 Die/The Bronberger