Super trots PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 12 December 2016 13:09
Untitled Document

Eunice Niemandt van Pretoria-Oos skryf:
Ons seuntjie, Marcel Niemandt, het ook deelgeneem aan die kompetisie op 29 Oktober, soos in die vorige Bronnie berig. Hy is vyf jaar oud en het ‘n ‘Champion of Champions’ trofee in sy groep gewen.

Hy is nie saam met die ander kinders wat op die foto verskyn afgeneem nie, want ons moes na sy sussie se akrobaat-kompetisie in Centurion gaan toe die foto geneem is.


Marcel Niemandt

Hy is vreeslik ongelukkig dat sy foto nie ook in is nie en ek stuur dit nou.

Die trofee gaan orals saam . . . ‘Super trots’ is nie eers ‘n woord om dit te beskryf nie.

Sê asseblief vir Marcel baie geluk. Ons is almal baie trots op hom en hier is ‘n foto, spesiaal net van hom. – Red.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online