Voel opgewonde PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 12 December 2016 13:08
Untitled Document

Lucia Greyling van Cullinan skryf:
Gisteraand het ons by Le Pate a Choux gaan eet en watter lekker affêre was dit nie. Nie net is die pragtige ou huis in ere herstel nie; dit het soveel “splendour en grandeur” – jammer ek kan nie aan ’n gepaste Afrikaanse woord dink nie.

Die “upper crust” kamer was jare terug dr Brian Brink se wagkamer, waar ek die wonderlike nuus ontvang het van ’n lang-gewenste babatjie wat op pad was en nou al ’n finale jaar student is.

In dié kamer verwag jy om enige tyd ’n dame uit die Victoriaanse tyd te sien sit by een van die mooiste gedekte tafels met twee diensmeisies in swart rokke met wit gestyfde voorskote en wit hoedjies. Jy sien hulle al giggelende agter hulle hande deur die mooiste gerestoureerde deur in die kombuis in verdwyn.

Die fyn gebak laat jou mond water. Die “chocolatier” is enige “chocoholic” se droom.

Welgedaan Jonathan en Berthe Kershaw. Ek dink ons dorpie kort sulke grand-geid.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online