Elsabé Maré
Die kunstenaarsdorpie Cullinan
het op 12 Desember sy eerste
kunsvereniging gestig. Prof.
Marinus Wiechers, kunskenner en
oudhoogleraar in die reg en rektor
van Unisa, het die opening waargeneem
waar 15 plaaslike kunstenaars
uitgestal het. Die uitstalling, wat
bestaan uit skilderye, pensketse,
beeldhouwerk en pottebakkerskuns,
word voorlopig nog in die
Aldebran Studio van kunstenaar
Marcella de Boom in Stinkwoodstraat,
net noord van Oaklaan
gehou.
Volgens voorsitter Edith Schmidt,
wat die verwelkoming gedoen het,
kan alle kunstenaars aansluit. Die
konstitusie is reeds in plek, die
keurkomitee het bepaalde kriteria
waaraan voldoen moet word, en
fooie is betrokke.
Edith Schmidt sê daar wag ’n interessante
kunsjaar op kunstenaars
en die publiek. Dit gaan baie bedrywig
wees, want die bestuur moes
meet en pas om al die idees per
maand in die jaarprogram ingepas
te kry.
 Prof Wiechers open die verrigtinge met voorsitter Edith Schmidt links van hom
Foto: George Oosthuizen
Die vereniging gaan hom beywer vir
opleiding van die publiek in die verskillende
kunsvorme en om wenke,
deur die keurkomitee, aan die kunstenaars
te gee. Almal is welkom:
beginners, kunsleerlinge en gevestigde
kunstenaars.
Enige driedimensionele kuns kan uitgestal
word, ook in ’n kombinasie
van die kunsvorme. Omdat daar net ’n sekere ruimte beskikbaar is, sal
die keurkomitee die gehalte en
hoeveelheid bepaal in ooreenstemming
met die bepaalde tema van die
uitstalling.
 Edith Schmidt en Marcella
de Boom in gesellige luim
Die Cullinan Kunsvereniging word
gerugsteun deur die Toerisme Raad
in die persoon van Kgomotso
Lebese en is geaffilieer by die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Visuele
Kunste (SANAVA).
Die vereniging se eerste funksie was
op 17 Januarie toe ’n Rembrandt
filmvertoning in The Shed in laer
Oaklaan gewys is. ’n Groepuitstalling
van portretstudies word vanaf 15
Maart tot 30 April uitgestal.
Vir meer inligting, bel vir Edith by
071-549-5981 of die sekretaresse
Benita by 084-840-2831 of stuur ’n
e-pos aan:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. |