Krisis op krisis PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 22 November 2016 15:25
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

Skielik is 21 weke verby en 25 November is om die draai. Wat nou? Elke tweede radio-advertensie begin met “This is a reminder from SARS . . .”

In jou geestesoog sien jy allerhande drogbeelde – ‘n lang tou voor die SAID kantoor waar jy die volgende drie dae gaan spandeer, ‘n boete so groot soos Berg Everest. Goed, haal diep asem en ontspan.

Kry al die nodige inligting bymekaar: IRP5, ritboek vir reiskoste, annuïteitsfondsbydrae-sertifikaat, artikel 18A kwitansies vir skenkings/donasies en mediese fonds-sertifikaat.
Gaan sit voor die rekenaar en tik die volgende in jou soekenjin: www.efiling.gov.za.

Siedaar! ‘n Wit en blou skermpie verskyn waar jy kan gaan registreer om die opgawe sommer elektronies in te dien. Geen lang tou wat krul tot in Timbuktu nie. Klik regs bo op die rooi “register” knoppie en volg van daar af die instruksies.

Registrasie
Onthou om die “declaration to file” te teken en saam met ‘n afskrif van jou ID terug te stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of te faks na 011-602-5312 ten einde die registrasie te voltooi.

Indien jy probleme ondervind met die registrasie, mag dit wees omdat SAID sekere addisionele inligting van jou verlang. Daar behoort ‘n skakel te wees om die nodige bewys van adres op te laai. Skakel die inbelsentrum by 0800- 007-277. Jy gaan jou ID nommer deurgee en die agent sal sekere inligting bevestig, soos jou posadres, woonadres en kontaknommer.

Verifikasie
Jy het pligsgetrou jou opgawe voltooi en ingedien. Skielik ontvang jy ‘n SMS dat korrespondensie uitgereik is. Jy sien dat jou opgawe geverifieer word. Koue sweet slaan in pêrels op jou voorkop uit, want wat op aarde is fout? Heel moontlik niks. 

So, wat staan jou te doen? Maak seker dat die inligting korrek voltooi was. Indien jy agterkom dat jy êrens ‘n foutjie gemaak het, klik op “request correction” en stel die fout reg.  Indien jy tevrede is dat alles korrek is, moet die stawende dokumente ingedien word. Daar behoort ‘n beskikbare skakel te wees waar die stawende dokumentasie opgelaai kan word. Indien nie, moet die nodige dokumentasie by ‘n SAID kantoor ingedien word. Maak seker dat alle dokumentasie wat gebruik was om die opgawe te voltooi ingedien word.

Bank
Ongelukkig moet opdatering van bankbesonderhede in persoon by ‘n SAID kantoor gedoen word. Maak seker jy het jou ID dokument asook ‘n gesertifiseerde afskrif daarvan byderhand saam met die oorspronklike bankstate. 

In spitstye is die rye langer as gewoonlik, so pak maar ’n bietjie ekstra geduld in jou sak.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online