Elsabé Maré
Verlede jaar se petisies het gewerk.’n Nuwe spesiale taakmag is in die
Cullinan-omgewing werksaam en
gesamentlike SAPS en SANDF optredes
is in Desember uitgevoer.
Dié petisies het geëis dat die gemeenskap
beter en meer sigbaar
gepolisieer word en beter ondersoek
na sake by die Cullinanpolisiestasie
en omgewing gedoen word.’n Nuwe spesiale taakmag wat in die
begin van November tot stand gebring
is, het volgens polisiewoordvoerder,
kapt. Dennis Adriao, op
3 Desember ’n deurbraak gemaak.
Lede van die taakmag was op die
uitkyk vir ’n sindikaat rowers wat
moontlik met rooftogte, huisbrake
en motorkapings in die omgewing
verbind kan word toe lede van die
publiek oor verdagte optrede van
huurders in die Bougainville Mews
Estate in Montana ingebel het.
Die taakmag het toegeslaan, drie
vermeende rowers gevang en
beslag gelê op vyf wapens, kontant
en verskeie ander items wat by die
Kameeldrif-polisiestasie gehou
word. Die publiek word gevra om
hulle gesteelde ware te gaan identifiseer.
Op 9 Desember het die SAPS en die
SANDF ’n gesamentlike optrede in
die gebied uitgevoer. Polisie-offisiere
is elke halfuur deur weermaghelikopters
in verskillende gebiede
op en afgelaai, terwyl daar op drie
strategiese plekke padblokkades
opgerig is.
Volgens Superintendent Lungelo
Dlamini, polisiewoordvoerder
tydens die spesiale optredes, was
dit gerig op voorkoming van misdaad
deur sigbare polisiëring.
Die Minister van Veiligheid en
Sekuriteit, Nathi Mthetwa, het
Sondag 7 Desember die diens by die
Doxa Deo-gemeente in Montana
bygewoon en besoek aan van die
misdaadslagoffers afgelê.
Volgens Louis Meintjies, verteenwoordiger
van die Cullinan gemeenskap,
word die optredes verwelkom.
Daar is egter nie verdere
konkrete optredes nie. Louis sê dat
daar kommer is oor doeltreffende
koördinasie tussen die groepe wat
in die Cullinan omgewing opgetree
het. Die Tshwane Metropolisie kon
nie by die Cullinanpolisiestasie
bevestiging kry waar die kern van
die problem in die Cullinan-omgewing
is nie.
Om dié rede het die Transvaalse
Landbou-unie (TLU) in Desember ’n
versoekskrif aan die Minister van
Veiligheid en Sekuriteit deurgegee
waarin om basiese vereistes van
goeie bestuur met die nodige
vaardighede in plek, gevra is.
Toe die TLU-kantore in Januarie
oopmaak, het die minister kennis
gegee dat hulle in gesprek is met
die Nasionale Polisiekommissaris.
Daarop het die TLU die petisie aan
die Nasionale Polisiekommissaris
gestuur en wag nou op erkenning
van ontvangs.
Louis sê dat goeie bestuur ’n nasionale
probleem is, maar dat die
gemeenskap die reg het om vir
basiese vaardighede te vra.
 Ernie Collins, regs, op Hirtentraum en Antonie van Nieuwenhuizen, links,
op Radys ondersteun die sigbare polisïeringsinisiatief van die SAPD en
patrolleer die paaie van Cullinan, vertel Ernie wat ook die hoof van die berede
eenheid by Zonderwater is. Hier is hulle in Zonderwaterweg oppad dorp toe.
|